{{d08f88df745fa7950b104e4a707a31cfce7b5841}} Hallo Dankie jy kontak maak. Ons is jammer om te hoor dat jy probleme ondervind om op die webwerf in te teken. Dit lyk of jy probleme opgetel het met die reCAPTCHA fasiliteit. Jy kan probeer om 'n sogenaamde VPN te gebruik as jy jou rekening open. Dit help dikwels. Terloops: reCAPTCHA is 'n gratis diens van Google wat help om webwerwe teen ongevraagde pos en misbruik te beskerm. 'n "CAPTCHA" is 'n Turing toets om tussen mense en rekenaarprogramme ("bots") te onderskei. Dis maklik vir mense om op te los, maar moeilik vir "bots" en kwaadwillige programmatuur. Ons gebruik v3, wat in die agtergrond werk. Jy sien dit nie, tensy die toets nie geslaag word nie. Die probleem wat jy dus ervaar is dat Google jou uitwys as 'n moontlike robot van onveilige herkoms. Die probleem is dus met jou IP-adres. As eerste stap, stel ons voor dat jy jou slimfoon gebruik om in te teken. Maak seker jou Wi-Fi is nie gekonnekteer nie; gebruik selfoondata. Op die manier gebruik jy 'n IP-adres wat van jou rekenaar s'n verskil. Laat ons asseblief weet as dit vir jou werk. As dit nie werk nie, kontak ons gerus sodat ons verder kan soek na die probleem. As jy verkies dat ons 'n rekening per hand vir jou oopmaak, verskaf ons asseblief van die volgende inligting: - naam en van - die land waar jy woon - jou staat of provinsie - jou stad - die gebruikersnaam of die naam van die persoon wat jou na BookCrossing verwys het (indien van toepassing) - die gebruikersnaam waarmee jy wil registreer. Wat jou gebruikersnaam betref, hou asseblief die volgende beperkings in gedagte: ---- maksimum 15 karakters ---- Engelse karakters a-z en Arabiese syfers 0-9 ---- geen ander tekens nie behalwe - en _ ---- geen spasies nie Ons sien uit daarna om van jou te hoor.